'n Netwerk van bemagtiging


Werksaam is ‘n inisiatief waar werksgeleenthede vir werklose individue gefasiliteer word. Maatskappye wat werksgeleenthede beskikbaar het, kan die Terugploegspan nader en deur ons netwerk van goedgekeurde organisasies kan mense gewerf en aangestel word. Daar is verder ook werksgeleenthede om op die perseel van die Terugploeg fasiliteit te werk.

Die hoofdoelwit van Werksaam is om begunstigdes by goedgekeurde organisasies te bemagtig om nie afhanklik te bly van skenkings en donasies nie, maar aan hulle die nodige opleiding en geleenthede te gee om die formele werksmark te betree.

As aktiewe organisasie is ons voortdurend besig met uitbreiding en nuwe uitdagings. Teken nou in, om ons nuusbrief te ontvang vir voortdurende bewusmaking en nuus.