Koop jou bees en ploeg terug


Boersaam is ‘n befondsingsinisiatief wat op die been gebring word om Terugploeg op die langtermyn volhoubaar te maak. Deelnemende krale regoor die land waar beeste deur lede van die publiek gekoop kan word, gaan geidentifiseer word. Die onderskeie beesboere gaan die terugploegkudde as deel van hulle eie kudde bestuur. Die jaarlikse aanteel sal ons in staat stel om die bulle te verkoop en sodoende inkomste te genereer om Terugploeg se ander inisiatiewe te befonds.

Jy het nou die geleentheid om Terugploeg te ondersteun deur ‘n bees te koop en ons te help om die terugploegkudde regoor Suid-Afrika te vestig.

As aktiewe organisasie is ons voortdurend besig met uitbreiding en nuwe uitdagings. Teken nou in, om ons nuusbrief te ontvang vir voortdurende bewusmaking en nuus.