Werksgeleenthede
‘n Inisiatief waar werksgeleenthede vir werklose individue gefasiliteer en ge-identifiseer word.
Befondsingsinisiatief
Deelnemende krale regoor die land waar beeste deur lede van die publiek gekoop kan word om Terugploeg volhoubaar te maak.
Kosverspreiding
Kos word aan goedgekeurde organisasies versprei wat dit dan verantwoordelik aan die behoeftige individue beskikbaar stel

Om te verseker Terugploeg word verantwoordelik bestuur en geadministreer, val dit direk onder die vaandel van die Atterbury Trust, ‘n Publieke voordeel organisasie (PVO), wat al vir meer as twee dekades beduidende geloofwaardigheid, kundigheid en infrastruktuur rakende die bestuur van liefdadigheid opgebou het.
Hulp wat werk
Die impak van die Covid 19-pandemie het baie leemtes in ons samelewing blootgestel. Een is die onvermoë van staatsinstellings om voedsel doelmatig aan almal wat dit nodig het te versprei, veral in ons eie gemeenskappe. Daar is derhalwe besluit om self iets hieraan te doen. Terugploeg het in 2020 saam met ons vriende in die landbou begin om op ‘n georganiseerde en verantwoordbare wyse voedsel aan behoeftige Afrikaanse gemeenskappe te lewer. Die groothartige boere het nie teleurgestel nie. Inteendeel, ons is oorval met skenkings in tonnemaat. Vragmotors-vol vars vrugte, groente en wildsvleis is afgelaai en versprei.
Die onmiddellike sukses van Terugploeg het ons groter laat droom en daar is ‘n fasiliteit opgerig waar daar nie net oor die langtermyn voedsel effektief versprei kan word nie, maar ook gepoog word om gemeenskappe deur werkverskaffing en opleiding op te hef.
Alle donasies wat gemaak word aan Terugploeg kwalifiseer vir ‘n Artikel 18A-sertifikaat wat aftrekbaar is vir belastingdoeleindes.

Impak tot op hede
586
TON
Kos ingesamel en versprei
2.35m
PORSIES
etes verskaf
103
ORGANISASIES
ondersteun
Junie 2, 2023
Terugploeg se vleis-fundi vertel
Diets van der Sande het sy jarelange in-diepte kennis van die vleisbedryf ingespan…
November 1, 2022
Vele hande maak Terugploeg werk
Soos Terugploeg groei, groei die behoeftes en ook die kennis oor hoe om die meeste…
Maart 28, 2022
Terugploeg word ’n werklikheid
Daar is ’n nuwe projek onder die vaandel van die Atterbury Trust van stapel gestuur…
Maart 28, 2022
Terugploeg se hoofkwartier wat werk
Die Terugploeg se verpakkings-, verwerkings- en verspreidingsfasiliteit is in die…
Die President Kruger Kinderhuis Pretoria bestuur, personeel en kinders bedank u opreg vir die groente en vrugte op 09/03/2022 as skenking ontvang. Met voortdurende uitdagings, is skenkings van hierdie aard vir ons van onskatbare waarde. Dankie vir u opregte besorgdheid en omgee vir ons kinders.
U skenking help ons om ons kinders na behore te versorg en maak ons hande sterk om aan ons kinders ‘n huis te bied waar hul kan ontwikkel tot hul volle potensiaal.
Dit is voorwaar ‘n groot voorreg om Terugploeg se ondersteuning te ervaar.
President Kruger Kinderhuise
Terugploeg is vir ons by Kairos CL nie net ‘n voedselverskaffings fasiliteit nie. Vir ons is julle ‘n deel van ons familie. ‘n Familie wat seker maak dat ons, ons mees behoeftige gesinne en bejaardes in die Weste van Pretoria se etes kan aanvul. Ons gesinne kry bitter min vrugte, groente en vleis. Met julle onbaatsugtige hulp het julle nie net hierdie groot leemte aangespreek nie maar ook vir ons ‘n geleentheid geskep om in julle voetspore te volg deur dit vir ons moontlik te maak om na soveel meer gesinne uit te reik.
Terugploeg is nie net ‘n Seën vir ons gesinne nie maar ook vir ander instansies wat ons weer kan help met die kos wat ons van julle af ontvang!
Jacorita van Kairos CL
Baie dankie vir die wonderlike donasie van perskes, pruime en soya – mengsel wat ons van julle ontvang het. Ons waardeer dit ongelooflik baie. Ons inwoners geniet die vrugte. Die donasie stel ons in staat om voedsame maaltye aan ons inwoners voor te sit. Dit is vir ons ‘n voorreg om deur julle ondersteun te word.
Dankie vir jou omgee vir ouer persone.
Harmonie Park
Terugploeg is die wind onder ons vlerke en die gereelde skenkings maak werklik ‘n verskil vir ons kinders en ons finasies. Ons is inderdaad DIEP dankbaar oor produkte soos meel en groente / vrugte vir ons 29 huise met meer as 300 kinders in ons sorg – Terugploeg maak ‘n reuse verskil!
‘Kinders is die belangrikste bron in die wêreld en die beste hoop vir die toekoms' John Fitzgerald Kennedy
Charlene Grobler, HUB: Jakaranda- & Louis Botha Kinderhuis
As aktiewe organisasie is ons voortdurend besig met uitbreiding en nuwe uitdagings. Teken nou in, om ons nuusbrief te ontvang vir voortdurende bewusmaking en nuus.